Posts

Die Padda Prins

Image
 Hallo al my tjommies! Hou julle van paddas? Ek vind die padda prins baie snaaks. Daar is ander snaakse karakters in die fliek "Die prinses en die padda". Daar is 'n krokodil wat trompet speel, 'n vuurvliegie met stukkende tande en 'n slang wat dans. My gunsteling karakter is die padda prins. Wie is jou gunsteling karakter? Tot volgende keer!

Sal jy 'n padda soen?

Image
 Hallo al my tjommies! Sal jy 'n padda soen?  Ek ken een persoon wie dit sal doen. Haar naam is Tiana! Sal jy so desperaat wees om 'n prins te kry? Nie ek nie! Ek soek nie 'n prins nie.  Ek soek net 'n gewone, eerlike man. Hy hoef nie ryk te wees nie maar nie arm nie.  Hy hoef nie aantreklik te wees nie maar nie lelik nie. Hy moet vrygewig wees. Watter soort man soek jy? XOXO Totsiens!

Wat is my naam?

Image
Hallo al my tjommies! kan julle raai wat my volle naam is?  Hier is 'n leidraad: my bynaam is Cindy. Ek is ook bekend as Ella. Die eerste gedeelte van my naam beteken "As". Daar is tien letters in my naam.  My name word dikwels gebruik in die sprokieswêreld. Die karakter met wie ek 'n naam deel, dra gewoonlik 'n spoggerige blou rok. Mense is jaloers op haar, omdat sy ryk geword het van niks af nie.  Wat is my naam?  XOXO Totsiens!     

Is koningin Elsa die sneeu koningin?

Image
 Hallo al my tjommies! Ek het 'n belangrike vraag vir julle. Is koningin Elsa wreed of vrygewig?  Ek glo dat sy vrygewig is. Eerstens, Elsa het saam met haar klein suster gespeel. Tweede, sy wou haar suster beskerm teen haar magiese kragte. Laastens, sy het haar suster gered met ware liefde. Sou hoe kan sy nou wreed is?  Volgens oom Google, die fliek Frozenis gebaseer op die feeverhaal "Die Sneeu Koningin". In hierdie feeverhaalis die sneeu koningin wreed Sy ontvoor 'n klein seuntjie in die storie.  Wat dink julle? Is koningin Elsa die sneeu koningin? Fluit, fluit, my storie is uit

Sal jy met 'n man trou wat jy nie ken nie?

Image
 Hallo al my tjommies! Sal jy met 'n man trou wat jy nie ken nie?  Ek ken een persoon wie dit sal doen. Haar naam is Anna!  Sal jy so ontverantwooredlik wees? Nie ek nie! Ek sal eerder soos Elsa wees dan soos Anna.  jy raai oor watter feeverhaal praat ek van? Laat ek vir jou nog 'n leidrade gee: Die verhaal gebreur in die sneeu. Daar is 'n sneeeumannrtjie wat van warm drukkies hou. Daar is ook wys en ouklike trolle.  Het julle dit gekry?  Tot vlogende keer!

Noem my Dopey

Image
 Hallo al my tjommies! Vandag kan julle my Dopey noem. Weet julle wie Dopey is?  Dopey is een van  Sneeuwitjie se sewe dwergies.  Het julle geweet dat die oorspronklike name van die sewe dwergies verander het? Die oorspronklike name was Piepende, Doof, Bedompig, Burpy, Pofferig, Lui, en Springerig.  Die nuwe name is Skaam, Dok, Dopey, Knorrig, Gelukkig, Slaperig en Nies.  Dopey is my gunsteling karakter omdat hy altyd glimlag sonder moeite.  XOXO totsien! 

Sneeuwitjie of Die slapende prinses?

Image
 Hallo al my tjommies! Ek het 'n probleem.  Weet julle wat die verskil tussen Sneeuwitjie en die slaapende prinses is? Vir my, lyk die stories dieselfde. Eerstens, al  twee stories gaan oor 'n mooi prinses wat nie 'n ma het nie.  Tweede, albei stories het 'n wreed heks.  Derde, Albei prinses is vervloek? Verde, albei prinses is gered deur 'n soen van 'n prins.  Laastens, leef die paartjies gelukkig saam op die einde.  Wat dink julle? Is die stories dieselfde?  XOXO sien julle later!